Skip to content

Ramaphosa gaan vrae in Parlement beantwoord oor migrasie, die waterkrisis en onwettige mynbedrywighede

# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord, onder meer oor die regering se pogings om te keer dat migrasie-verwante kwessies en optrede Suid-Afrika se beeld en stand beskadig. Hy sal die jongste inligting verskaf oor ingryping volgens die Nasionale Waterkrisis-aksieplan, pogings teen onwettige mynbedrywighede, en hoe om munisipaliteite se vermoë te herstel. Die Presidensie sê Ramaphosa sal ook inligting verskaf oor die land se bydrae om seker te maak Madagaskar keer terug na ʼn grondwetlike en demokratiese orde.