# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê Suid-Afrika versnel die lewering van infrastruktuur met 81 strategies geïntegreerde projekte wat uit 263 individuele projekte bestaan. Die projekte se gesamentlike waarde is sowat 1,9-duisend-miljard-rand. Die minister sê die afgelope 18 maande is 37 projekte van ongeveer 69-miljard-rand voltooi, terwyl nog 82 projekte, met ʼn geraamde waarde van 502,7-miljard-rand tans in aanbou is. Macpherson sê die projekte wys die regering skep goeie geleenthede vir infrastruktuur-belegging, -ontwikkeling en -vennootskappe.
Minister Macpherson sê Suid-Afrika se R1,9-duisend-miljard infrastruktuur-vooruitsigte beteken geleenthede