# President Cyril Ramaphosa sê terwyl die staat beleid moet stel, reguleer en openbare dienste lewer, is die kundigheid en hulpbronne van die private sektor van kritieke belang om ‘n veerkragtige ekonomie te bou. Die derde fase van die vennootskap tussen die regering en sakeondernemings is verlede week bekendgestel om vinniger inklusiewe ekonomiese groei te dryf en werk te skep. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die vennootskap het onder meer gehelp om beurtkrag te beëindig en die bedryf van belangrike hawens te versterk. Hy sê sosiale vennootskappe is praktiese, leweringsgerigte meganismes wat meetbare resultate behaal.
Ramaphosa sê die regering en sakewêreld is daartoe verbind om die land se mees bindende ekonomiese beperkings aan te spreek