Skip to content

Ramaphosa sal volhoubare infrastruktuurberaad in Kaapstad toespreek

# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die vyfde simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad toespreek. Die driedaagse geleentheid fokus op die vorming toekomstige munisipale infrastruktuur en belegging in volhoubare projekte. Dit bring regeringsleiers, burgemeesters, ontwikkelingsbanke, besighede en kundiges van regoor Afrika bymekaar. Besprekings sal fokus op infrastruktuur, behuising, landbou en digitale ontwikkeling om ekonomiese groei te ondersteun en dienslewering te verbeter. Ramaphosa is die hoofspreker by die Century City-konferensiesentrum.