# Vier mense is in Kenia in hegtenis geneem terwyl ondersoekbeamptes probeer vasstel wat die dood van 18 olifante in die Amboseli-ekosisteem veroorsaak het. Die Keniaanse Natuurlewediens sê die diere is tussen Junie en verlede maand dood, met voorlopige laboratoriumtoetse wat op moontlike vergiftiging dui. Volgens vroeëre bevindinge was daar sianied teenwoordig in tamaties wat met plaagdoders besmet was en deur die olifante gevreet is. Owerhede het verskeie moontlike giftige, ongemerkte chemikalieë vir toetsing gekonfiskeer. Die ondersoek duur voort, maar amptenare beklemtoon arrestasies is nie noodwendig ‘n skuldigbevinding nie.
Vier in hegtenis geneem oor vermeende vergiftiging van Keniaanse olifante