# ‘n Lasbrief is uitgereik vir die TV-persoonlikheid Molemo “Jub Jub” Maarohanye se inhegtenisneming nadat hy nie vanoggend in die Germistonse Landdroshof in Gauteng verskyn het nie. Die kletsrymer en aanbieder van Uyajola 9/9 staan tereg op aanklagte van ontvoering, die aanranding van ‘n e-taxi-bestuurder en die afvuur van ‘n vuurwapen tydens ‘n geskil in Edenvale in Junie. Die hof het gelas dat die lasbrief eers op 7 September in werking sal tree wanneer Maarohanye weer in die hof moet wees.
Lasbrief uitgereik nadat Jub Jub versuim om in hof te verskyn