# Handgeskrewe notas deur Mahatma Gandhi is vir ‘n rekordbedrag van byna 28-miljoen-rand by ‘n veiling in Indië aan ‘n onbekende persoon verkoop. Die versameling van 688 handgeskrewe nabetragtings is oor twee jaar deur Gandhi geskryf vir sy hegte vriend en vryheidsvegter, Anand Hingorani. Dit dek onderwerpe soos waarheid, nie-gewelddadigheid, diens en morele verantwoordelikheid, en is later gepubliseer onder die titel ‘n Gedagte vir die Dag. Die versameling is vir geslagte deur die Hingorani-familie bewaar. Die transaksie is ‘n wêreldrekord vir ‘n Indiese historiese dokument wat by ‘n veiling verkoop is.
Gandhi se handgeskrewe notas oor die lewe vir R28-miljoen op Indiese veiling verkoop