# President Cyril Ramaphosa is die gasheer vir sy Zimbabwiese ampsgenoot Emmerson Mnangagwa vir die vierde sessie van die Suid-Afrikaans-Zimbabwiese Bi-Nasionale Kommissie. Die kommissie is daar vir die bestuur en aanspoor van vennootskappe tussen die twee lande. Daar is reeds meer as 33 ooreenkomste en memorandums van verstandhouding tussen die twee lande gesluit. Vandag is die ministeriële ontmoeting met Ramaphosa, en môre met Mnangagwa. Die Presidensie sê die besprekings sal konsentreer op versterking van bilaterale samewerking op verskeie gebiede van gemeenskaplike belang, insluitend handel en beleggings, infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling.
Ramaphosa gasheer van Mnangagwa vir Vierde SA-Zimbabwiese Bi-Nasionale Kommissie