Skip to content

Ekonoom sê laer inflasiesyfer vir Julie is goeie nuus vir ondernemings en verbruikers

# ‘n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê verlede maand se laer as verwagte inflasiekoers, is goeie nuus vir verbruikers en ondernemings. Parsons sê egter onderliggende prysdruk bly ‘n bron van kommer, met kerninflasie wat effens styg tot 4,2-persent. Hy sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal rentekoerse waarskynlik tydens sy vergadering volgende maand onveranderd laat, indien inflasie aanhou daal. Volgens Parsons sal die Monetêre Beleidskomitee waarskynlik etlike maande van laer inflasie nodig hê voor rentekoersverlagings oorweeg sal word.