# Statistiek Suid-Afrika het aangekondig die jaarlikse verbruikersprysinflasie het verlede maand tot 4,3-persent gedaal vanaf vyf-persent in Junie. Die jongste syfer dui op ‘n afname in prysdruk, terwyl verbruikerspryse maandeliks met 0,2-persent gestyg het. Die daling in jaarlikse inflasie bring die styging in pryse nader aan die middelpunt van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teikenband. Beleidsmakers sal die syfers fyn dophou wanneer toekomstige rentekoersbesluite oorweeg word.
Suid-Afrika se inflasiekoers daal tot 4,3-persent