# Die moordbeskuldigde Katiso “KT” Molefe, die oorlede taxibaas Mswazi Msibi en sakeman Steve Motsumi het na bewering hulself as staatsamptenare voorgedoen terwyl hulle met buitelandse verskaffers van toesigtegnologie sake gedoen het. Die getuienisleier Matthew Chaskalson het aan die Madlanga-kommissie gesê selfoonkommunikasie dui daarop die mans was betrokke by pogings om spioenasie- en stemsteuringstegnologie aan die Eswatini-regering te verkoop. Chaskalson het gesê dit bly onduidelik of die transaksie afgehandel was:
Katiso “KT” Molefe en oorlede taxibaas het glo as staatsamptenare opgetree met transaksie vir toesigtegnologie [KLANK]
ENG ChaskalsonOnStateOfficials