Skip to content

Vaal-gemeenskap waaksaam namate pogings begin om krokodil te vang

# ‘n Drie-meter-lange krokodil is in die Vaalrivier gesien, en owerhede waarsku mense om nie te swem of aan water-bedrywighede deel te neem tot die dier gevang is nie. Charles van der Merwe van die Water-wetstoepassingspan sê daar is reeds ‘n vanghok. Die reptiel, waarskynlik ‘n Wes-Afrika slanksnuit-krokodil, is nie aggressief nie, maar steeds gevaarlik. Van der Merew sê inwoners moet die Vanderbijlparkse polisiestasie of Vaal River Rats inlig oor enige waarnemings. ‘n Koopbewys van 20-duisend-rand word aangebied vir inligting wat daartoe lei dat die krokodil veilig gevang word.