# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sy raadplegings-dokument oor die vernuwing van BTW bekendgestel en ‘n openbare raadplegingsproses begin om die land oor te skakel na ‘n digitale BTW-administrasiestelsel met bykans onmiddellike verwerking. Die diens stel ‘n aanlyn BTW-model voor wat e-fakturering en e-rapportering integreer om BTW-administrasie te herposisioneer, nakoming te vergemaklik en toesig te versterk. Kommissaris Johnstone Makhubu sê die verandering is nodig om die administratiewe las op ondernemings te verminder en bedrog hok te slaan. Belanghebbendes kan tot 16 Oktober skriftelike kommentaar indien.
Inkomstediens begin raadplegingsproses oor digitale opknapping om BTW-nakoming te vergemaklik