Skip to content

Sokker: FIFA se bedryfshoof afgedank na kritiek oor Infantino se plan

# Sokker: FIFA se bedryfshoof, Kevin Lamour, is afgedank nadat hy verlede maand die president, Gianni Infantino, se mislukte plan in die openbaar kritiseer het om ʼn deel van die Wêreldbekertoernooi aan beleggers te verkoop. Hy beskryf die omstrede FIFA Forward Enterprise-plan as een persoon se projek en sê personeel is mislei. Daar was wydverspreide kritiek op die voorstel, wat behels het dat 21-persent van die beheerliggaam aan privaat beleggingsmaatskappye verkoop word. Lamour se vertrek volg op die bedanking van ʼn senior raadgewer van Infantino, Carlos Cordeiro.