Skip to content

BLSA sê Eskom se ware bedreiging is nie ontbondeling nie maar munisipale skuld

# Business Leadership South Africa se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, kritiseer Eskom se raad se weerstand teen die ontbondeling van transmissie-bates en beskuldig hom dat hy lener-ingewikkeldheid as wapen gebruik om herstrukturering teen te staan. Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, hou vol die kragverskaffer se finansiële probleme moet eers hanteer word om die skepping van ‘n onafhanklike transmissiestelsel-operateur moontlik te maak. Die mynwerkersvakbond N-U-M het Eskom se herstrukturering in die hof uitgedaag. Mavuso sê Eskom se ware bedreiging is nie ontbondeling nie, maar munisipale skuld van 114-miljard-rand.