# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het ʼn ambisieuse teiken gestel om 50-persent intra-handel in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te bereik. Streekshandel maak sowat 20-persent van totale handel uit, en vervaardiging dra slegs tien-persent by tot die bruto binnelandse produk. Die hele SAOG-streek voer minerale en landbouprodukte uit, terwyl vervaardigde goedere ingevoer word. Lamola sê veredeling, bou van streeks-waardekettings en groter intra-streekshandel is noodsaaklik:
Minister Lamola sê Suid-Afrika mik na minstens 50% van SAOG se intra-handel [KLANK]
ENG LamolaOnBeneficiation