# Die TV-persoonlikheid en prokureur wat van die rol geskrap is, Peet Viljoen, is borgtog geweier in ‘n bedrogsaak van miljoene rand. Hy het vanoggend in die Pretoriase Handelsmisdaadhof verskyn, waar besluit is hy word as ‘n vlugrisiko beskou. Viljoen staan tereg op meer as 400 aanklagte, insluitend bedrog en korrupsie wat verband hou met die verkoop van munisipale eiendom ter waarde van ongeveer 27-miljoen-rand in 2010. Hy is op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy uit Amerika gedeporteer is.
Peet Viljoen borgtog geweier aangesien hof hom as vlugrisiko beskou