Skip to content

Solidariteit verwelkom verlenging van AGOA

# Solidariteit verwelkom die Amerikaanse Senaat se goedkeuring van ‘n twee-jaar verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, tot einde Desember 2028. Solidariteit se woordvoerder, Jaco Kleynhans, sê dit moet nog deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur en daarna deur die Amerikaanse president onderteken word, maar geen onmiddellike struikelblokke word voorsien nie. Hy sê egter AGOA laat die Withuis toe om die lys van begunstigde lande jaarliks ​​te hersien en president Donald Trump kan die huidige lys van 32 deelnemende lande voor volgende jaar wysig.