# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê geslagsgeweld kan nie net deur die Departement van Justisie beëindig word nie – dit is alle Suid-Afrikaners se verantwoordelikheid om te help. Nel het gepraat op die afsluitingsgeleentheid van die 2026 Toegang tot Geregtigheidsweek in Thulamahashe in Mpumalanga. Hy sê geweld teen vroue is nie iets wat bloot verduur moet word nie en is ‘n skending van hul regte en menswaardigheid. Nel het bygevoeg tradisionele leiers speel ‘n belangrike rol om geskille op ‘n vreedsame wyse op te los, maatskaplike samehorigheid te bevorder en respek vir die wet te kweek.
Adjunkminister Nel sê geslagsgeweld kan nie net deur Departement bekamp word nie