Skip to content

Voormalige Steinhoff-hoof Markus Jooste se boedel voorlopig insolvent verklaar

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die boedel van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, voorlopig insolvent verklaar, meer as twee jaar nadat hy selfdood gepleeg het. News24 berig die aansoek is gebring deur Reclamation Advisory, wat vroeër vanjaar eise teen die boedel verkry het. ‘n Voorlopige trustee sal nou aangestel word om die boedel te bestuur en enige oorblywende bates op te spoor. Wanneer die hof ‘n finale bevel uitreik, kan die bates verkoop word om krediteure terug te betaal.