Skip to content

Vandag is Afrikaanse Taaldag

# Vandag is Afrikaanse Taaldag wat landswyd deur verskillende kultuurorganisasies en in Afrikaanse skole gevier word. Dis vanjaar 150 jaar sedert die Genootskap vir Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig is en daar word algemeen aanvaar dat dit die stigtingsdag van Afrikaans is. Mense word vandag aangemoedig om ‘n Afrikaanse boek te koop. Die veldtog word jaarliks deur die Vriende van Afrikaans gelei.