# Benoemings is nou oop vir die 2027 Standard Bank Jong Kunstenaartoekennings, wat erkenning gee aan talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars onder die ouderdom van 35 jaar. Die toekennings dek ‘n reeks kreatiewe velde, insluitend musiek, teater, dans, visuele kunste, poësie en film. Wenners ontvang finansiële ondersteuning, kry groter blootstelling en ‘n geleentheid om nuwe werk aan te bied by die 2027 Nasionale Kunstefees in Makhanda in die Oos-Kaap. Bonga Sebesho van die bank sê benoemings sluit aan die einde van hierdie maand.
Jong Suid-Afrikaanse kunstenaars genooi om vir gesogte 2027-toekennings in te skryf