# Die Grensbestuursowerheid sê die onlangse massa-uitsettings het nie daarin geslaag om buitelanders te ontmoedig om die land weer binne te kom nie. Altesaam 89-duisend-936 mense is teen 7 Augustus uit die land gerepatrieer, teen ‘n koste van byna 293-miljoen-rand. Die owerheid het vier-duisend-229 individue vanaf Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek onderskep wat tussen 1 April en 31 Julie probeer het om sonder geldige dokumente in die land te kom. Die kommissaris Michael Masiapato sê hulle het nou begin met die afdwinging van strenger toegangsmaatreëls.
BMA onderskep meer as 4 000 ongedokumenteerde buitelandse burgers wat SA weer wil binnekom