Skip to content

EFF sê jongste arbeidsmagopname toon land het nuwe leierskap nodig

# Die EFF sê Statistiek Suid-Afrika se jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname is ‘n veroordeling van die regering se huidige ekonomiese beleidsrigting en ‘n aanduiding van ‘n duidelike behoefte aan nuwe leierskap. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,6-persent gestyg, ‘n toename van 0,9 persentasiepunte teenoor die 32,7-persent in die eerste kwartaal. Die aantal werkloses het met 345-duisend tot 8,5-miljoen toegeneem. Die EFF sê hy hou steeds vol munisipaliteite moet die enjins vir werkgeleenthede, infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese verligting word.