# Nooddienswerkers werk onverpoosd om oorlewendes te vind nadat ʼn aardbewing van 7.4 Maandag die weste van Colombia getref en meer as 240 lewens geëis het. Byna twee-duisend-600 mense is beseer en sowat 200 word vermis. Naskokke het gister in Cali voorgekom wat een van die stede is wat die ergste deurgeloop het. Nooddienswerkers in Cali het 37 mense gered uit sommige van die 40 geboue wat heeltemal ineengestort het. Colombia se president, Abelardo de la Espriella, sê die grootste prioriteit is om soveel as moontlik lewens te red.
Reddingswerkers werk onverpoosd om oorlewendes te vind na aardbewing in Colombia