# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het vier groot infrastruktuurbeleggingsgeleenthede verwelkom wat aan plaaslike en internasionale ontwikkelingsfinansiers in Sandton aangebied is. Die projekte behels behuising, lugvaart, grootmaatwater en energie, met ‘n gekombineerde skuldfinansieringsvereiste van meer as 53-miljard-rand. Macpherson sê Infrastructure South Africa verbind geloofwaardige projekte met beleggers om hulle na finansiële afsluiting en konstruksie te skuif. Hy sê die regering kan nie infrastruktuurambisies alleen deur die fiskus befonds nie en private kapitaal moet help om ekonomiese groei en werkskepping te dryf.
Macpherson verwelkom R53-miljard infrastruktuurprojekte vir beleggers