# Die Stad Tshwane sê hy gaan ʼn forum stig vir informele handelaars en die township-ekonomie om die ekonomie te laat groei. Dit volg ná groei van 33-persent in die informele en township-ekonomieë wat tussen September 2024 en September 2025 altesaam 57-duisend nuwe werksgeleenthede geskep het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die forum sal ʼn handelaars-geleide platform skep om seker te maak informele handelsorganisasies se stemme word op ʼn gestruktureerde en volhoubare manier gehoor:
Tshwane gaan forum stig vir informele handelaars en township-ekonomie [KLANK]
ENG MabotsaONForum