# Die Black Business Council sê hy ondersteun die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se versoek om die Wet op die Openbare Beleggingskorporasie te wysig. Die minister het vroeër die week bevestig dat die Kabinet binnekort voorstelle gaan oorweeg om die bestaande praktyk te wysig dat ʼn adjunkminister ondervoorsitter is met ʼn onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter wat kennis het van pensioene, beleggings en finansiële markte. Die raad sê politici moenie in die OBK-raad dien nie, en moet ʼn onafhanklike voorsitter met ʼn onberispelike reputasie hê.
Black Business Council sê politici moenie langer op OBK-raad dien nie