Skip to content

Eskom vra regering om oordrag van bates na aparte transmissierekening uit te stel

# Eskom-voorsitter Mteto Nyati sê die regering moet risiko’s vir die kragvoorsiener se finansies en sy kredietverskaffers aanspreek voor hy bates oordra na die Onafhanklike Transmissiestelsel-operateur. President Cyril Ramaphosa het die eerstefase-aanbevelings goedgekeur van ʼn taakspan wat herbevestig het dat die netwerk onder beheer van ʼn afsonderlike instelling geplaas moet word. Nyati het aan Bloomberg gesê die oordrag kan veranderinge in leningsooreenkomste veroorsaak en rekeningkundige probleme tot gevolg hê. Hy sê Eskom verkies ʼn model waarvolgens ʼn onafhanklike operateur as ʼn neutrale mark-koördineerder optree.