# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het ‘n diefstalsaak teen ‘n voormalige raadslid geopen wat daarvan beskuldig word dat hy tien skootrekenaars gesteel het, wat bedoel was vir benadeelde skole in die Oos-Kaap. Die rekenaars het deel gevorm van ‘n skenkingsveldtog in Maart, met ses skole wat elk vyf toestelle sou ontvang. Die administrateur van die skema, Hlengani Mathebula, sê dit is onaanvaarbaar dat iemand wat toevertrou is met diens aan kwesbare gemeenskappe behoeftige leerders van opvoedkundige hulpbronne ontneem.
Voormalige NSFAS-raadslid ondersoek weens beweerde skootrekenaardiefstal