# CapeNature het gister op ‘n waarderingsgeleentheid in Velddrif die brandbestryders en veldwagters vereer ná een van die Wes-Kaap se moeilikste veldbrandseisoene. Die uitvoerende hoof, Ashley Naidoo, sê spanne het gereageer op 107 veldbrandvoorvalle waarin meer as 215-duisend-900 hektaar vernietig is, en het gehelp om gemeenskappe, infrastruktuur en bioverskeidenheid te beskerm. Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het hul moed en toewyding geprys. CapeNature het egter gewaarsku die aantal en die erns van veldbrande neem steeds toe.
CapeNature vereer brandbestryders ná ‘n moeilike veldbrandseisoen