# Die Afrika-Boerevereniging van Suid-Afrika het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling daarvan beskuldig dat hulle grondeisbegunstigdes ondermyn deur plase sonder hul toestemming te adverteer en weer toe te wys. Die hoof van die Afasa-grondhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê betrokke boere in die Vrystaat en Oos-Kaap word opsy geskuif ten gunste van eksterne beleggers. Hy sê die organisasie gaan ‘n dringende hofinterdik aanvra om die proses te stop, en argumenteer die departement skend die regte van wettige grondhervormingsbegunstigdes.
Boere beskuldig regering van onwettige herverdeling van plase