# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika is in ʼn bepalende dekade wat sy energiemark-hervorming betref, met geleenthede in opwekking en transmissie, asook vir beleggers om die argitektuur van Afrika se toekomstige kragstelsel te vorm. Die Geïntegreerde Hulpbronne-plan wat verlede jaar goedgekeur is, dui op 2,2-duisend-miljard-rand se belegbare energiegeleenthede wat tot 2039 die mark kan betree. Dit sluit ook ʼn transmissie-uitbreidingsprogram van 440-miljard-rand in. Ramokgopa sê die land se elektrisiteitsnetwerk kan ʼn katalisator wees vir energie-groei in die streek.
Minister Ramokgopa sê Suid-Afrika is in ’n bepalende dekade wat sy energiemarkhervorming betref