Skip to content

SAFTU vra maksimum solidariteit met FAWU-lede by Heineken Beverages SA [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy ondersteun die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie se beskermde staking vandag by Heineken Beverages Suid-Afrika se hoofkwartier in Gauteng ten volle. Dit volg na ‘n dooiepunt in loononderhandelinge. Die werkers eis onder meer ‘n algehele loonverhoging van sewe-persent, ‘n verhoging in die maaltydtoelaag van 74-rand tot 80-rand, en ‘n maandelikse behuisingstoelaag van 500-rand. Asive Dyani van Saftu sê hierdie staking is ‘n wettige uitoefening van werkers se grondwetlike en arbeidsregte:

ENG DyaniONHeineken