# Die sewe lidlande van die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote, bekend as OPUL-plus, het ooreengekom om olieproduksie volgende maand te verhoog. Dit is weens die voortslepende ontwrigting in die Seestraat van Hormoes waardeur sowat 20-miljoen vate olie vervoer is voor die oorlog tussen Amerika en Iran uitgebreek het. Die olieproduserende groep sal die daaglikse hoeveelheid met nog 188-duisend vate verhoog – die sesde agtereenvolgende ooreenkoms om produksie te verhoog sedert die oorlog begin het. OPUL-plus sê dit weerspieël sy gesamentlike verbintenis om bestendigheid in die wêreldwye oliemark te ondersteun.
OPUL+ gaan olieproduksie in September verhoog om wêreld-oliemark te ondersteun