# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die regering berei voor om die oorskot van Suid-Afrikaners wat tussen 1976 en 1992 in Angola tydens die politieke konflik in die apartheid-era dood is, te repatrieer. Nel het gister in Pretoria gepraat oor die vordering van die Angola-fase in die Suid-Afrikaanse Ballingskap-Repatriasieprojek. Hy sê die projek vloei voort uit die aanbevelings deur die Waarheids- en Versoeningskommissie, wat die regering versoek het om voort te gaan met die opsporing van mense wat tussen 1960 en 1994 weens politieke omstandighede verdwyn het.
Regering berei voor om oorskot van Suid-Afrikaners wat in ballingskap in Angola gesterf het, te repatrieer