# Saoedi-Arabië se Ministerie van Buitelandse Sake sê 13 lande steun hul voorstel om ‘n Maritieme Verdedigingsalliansie te stig om internasionale skeepsvaartroetes en internasionale handel te beskerm. Dit volg op die ontwrigting van die Seestraat van Hormoes, wat gewoonlik ongeveer 20-persent van internasionale olie- en gasuitvoere vervoer. Die lande wat die alliansie steun, sluit in Pakistan, Bahrein, Jemen en Soedan. ‘n Gesamentlike verklaring van die lande lui dis uiters belangrik om navigasie-vryheid te beskerm deur die Bab al-Mandeb-seestraat, die Rooi See en die Golf van Aden.
Dertien lande steun Saoedi-Arabië se voorstel om Maritieme Verdedigingsalliansie te stig