# Die polisie in Tshwane het gister 376 verdagtes in Bronkhorstspruit en Ekangala aangekeer tydens ‘n multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie. Hulle word verdink van misdade soos moord, poging tot moord en gewapende roof. Polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê 44 ongedokumenteerde buitelanders is aangehou en aan immigrasie-amptenare oorhandig. Veertien spaza-winkels is ondersoek en agt eienaars beboet omdat hulle sonder die vereiste lisensies handelgedryf het.
Meer as 300 verdagtes in hegtenis geneem tydens ‘n misdaadvoorkomingsoperasie in Tshwane