Skip to content

Adjunkminister Seiso Mohai gaan glo leisels by beleggingskorporasie oorneem

# Die kabinet het volgens berigte die aanstelling goedgekeur van die adjunkminister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Seiso Mohai, om die leisels by die Openbare Beleggingskorporasie oor te neem. Dit volg na die bedanking van die adjunkminister van Finansies, David Masondo, as voorsitter van die raad. Volgens TimesLive kom die aanstelling van Mohai nadat president Cyril Ramaphosa ‘n regsmening ingewin het oor die vraag of dit moontlik was om die OBK tydelik na die Presidensie te skuif om die batebestuurder te beskerm. Mohai se aanstelling sal vandag deur die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, bevestig word.