# Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit dat die lede van die onafhanklike Artikel 89-paneel wat die Phala Phala-verslag saamgestel het, nie voor hom sal verskyn nie. Dit volg na regsadvies dat dié stap sy grondwetlike rol onder verdenking kan bring. Die paneel onder voorsitterskap van oudregter Sandile Ngcobo het bevind president Cyril Ramaphosa moet wel vrae beantwoord oor die 2020 Phala Phala-skandaal. Omphile Maotwe van die EFF ondersteun die komitee se besluit en sê die paneel het sy mandaat voltooi:
EFF ondersteun Ampsklagkomitee se besluit om nie samestellers van Phala Phala-verslag te ondervra nie [KLANK]
ENG MaotweOnPanel