# Die Madlanga-kommissie het die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim se aansoek om sy getuienis onbepaald uit te stel, van die hand gewys. Carrim, wat in April ‘n hartaanval gehad het, voer aan hy is medies ongeskik om te getuig. Getuienisleier Adila Hassim het die uitstel teengestaan en aangevoer kringtelevisiebeeldmateriaal en selfoondata stem nie ooreen met bewerings dat Carrim se bewegings ernstig beperk is nie. Die kommissie se voorsitter, afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga, het gelas Carrim moet op 14 Augustus voor die kommissie verskyn:
Madlanga-kommissie gelas onafhanklike mediese ondersoek vir Carrim [KLANK]
ENG MadlangaOnCarrimRuling