Skip to content

SANRAL skrap kontrakteur-panele en stel oop tenders in

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sê hy gaan ‘n oop tenderprosesse gebruik vir onderhoud aan paaie en raadgewende ingenieursdienste. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die agentskap se besluit om padonderhoud-kontrakte aan ʼn paneel van 20 maatskappye toe te ken, ongrondwetlik en onregmatig verklaar het. Die tender was daarop gemik om ʼn paneel raadgewende ingenieurs aan te stel vir gereelde en spesiale instandhouding- en versterkingsprojekte. Die uittredende SANRAL-hoof, Reginald Demana, sê hulle het die tender-pakkette voorberei en ʼn proaktiewe interne versekeringsproses ingestel.