# Minstens 13 mense is dood en talle word vermis nadat ʼn aardbewing van 6,8 gister die suide van Japan getref het. Meer as 170 mense is beseer. Ongeveer 260-duisend mense is aangeraai om gebiede te ontruim, veral in die Kumamoto- en naburige Nagasaki-prefektuur. Amptenare sê mense word vermis by die Aeon-winkelsentrum en ʼn papierfabriek. Japan se eerste minister, Sanae Takaichi, sê ʼn hoofkwartier vir noodmaatreëls is gevestig. Sy sê reddingspanne werk volgens die beginsel van “menselewens eerste”.
Minstens 13 dood terwyl reddingswerkers na oorlewendes soek na aardbewing in Japan