Skip to content

Geskorste OBK-hoof, Patrick Dlamini, betwis sy skorsing in die hof

# Die geskorste uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, Patrick Dlamini, het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy voorsorgskorsing te betwis. Dlamini voer aan die OBK-raad het onwettig opgetree deur hom te skors sonder om die besluit behoorlik te oorweeg, en hy het van sy skorsing deur mediaberigte te hore gekom. Sy skorsing volg op ‘n klagte verlede week deur ‘n anonieme verklikker. Die OBK staar steeds uitdagings in die gesig wat verband hou met ‘n dekade oue belegging in Lanseria-lughawe.