Skip to content

Meer as 16-duisend verdagtes landwyd vasgetrek tydens Operasie Shanela [KLANK]

# Die polisie het die afgelope week 16-duisend-684 verdagtes weens verskeie misdade gearresteer as deel van Operasie Shanela se pogings om misdaad landwyd te bekamp. Twee-duisend-547 gesoekte individue wat verbind word met geweldsmisdade soos moord, poging tot moord, verkragting, voertuigkapings, besit van onwettige vuurwapens, en huis- en sakeroof is aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê immigrasiewette is afgedwing, wat tot die inhegtenisneming van een-duisend-869 onwettige immigrante gelei het. Hiervan was 795 in Gauteng:

ENG MukhathiONShanela