Skip to content

BLSA se Reform Tracker bekommerd oor twee hervormings wat belangrikste is vir groei

# Business Leadership South Africa se Reform Tracker se kwartaallikse bywerking toon goeie vordering by Binnelandse Sake en openbare dienste, maar kommer bestaan oor elektrisiteit en logistiek. Die verslag gee erkenning aan die Departement van Binnelandse Sake vir vordering met elektroniese visums, eenvoudiger toegang vir toeriste en beter besoekergetalle. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die probleem by elektrisiteit sluit in vertragings met afhandeling van regulasies vir die Suid-Afrikaanse grootmaat-elektrisiteitsmark. Sy sê die ontbondeling van die krag- en spoornetwerk is ʼn noodsaaklike voorvereiste vir belegging in die land se behoeftes.