# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het Infrastruktuur Suid-Afrika se Projekvoorbereidings-bodvenster Drie van stapel gestuur om groot infrastruktuurprojekte te bespoedig. Die inisiatief sal openbare instellings ondersteun in die ontwikkeling van projekte wat gereed is vir beleggings ter waarde van een-miljard-rand of meer. Macpherson sê swak projekvoorbereiding vertraag dikwels konstruksie en belegging. Hy sê die program is daarop gemik om projekte van beplanning na implementering te skuif, werksgeleenthede te skep, infrastruktuur te verbeter en ekonomiese groei te bevorder deur sterker openbare en privaat sektorbelegging.
Regering open nuwe bodvenster vir R1-miljard infrastruktuurprojekte