# Die regterlike waghond Judges Matter sê die Regterlike Dienskommissie se aanbeveling dat president Cyril Ramaphosa die Oos-Kaapse regterpresident Selby Mbenenge skors, is in ooreenstemming met gevestigde praktyk. Mbenenge is skuldig bevind aan growwe wangedrag in verband met bewerings van seksuele teistering van sy sekretaresse, Andiswa Mengo. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê regters wat teregstaan op aanklagte van wangedrag word gewoonlik geskors om die integriteit van die regbank te beskerm:
Judges Matter sê Mbenenge se skorsing strook met Regterlike Dienskommissie se gevestigde praktyk [KLANK]
ENG-BenjanimOnJSC-Mbenenge