# President Cyril Ramaphosa sê die regering tree ferm op teen korrupsie en misdaadnetwerke wat voordeel trek uit onreëlmatige waterkontrakte en skade aan infrastruktuur. Ramaphosa het verlede week die Nasionale Wateraksieplan vrygestel, wat die regering se plan uiteensit om die oorsake van watervoorsieningsprobleme in munisipaliteite aan te pak. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en voortgesette belegging in waterinfrastruktuur is noodsaaklik om langtermyn watervoorsiening te verseker. Hy sê almal is daartoe verbind om die waterkrisis te beëindig.
Ramaphosa sê regering doen stappe teen misdaadnetwerke wat voordeel trek uit onreëlmatige waterkontrakte