# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, het bedank as raadsvoorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie. Dit volg te midde van ʼn bestuurskrisis by Suid-Afrika se grootste batebestuurder. Sy bedanking volg na die voorlopige skorsing van die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, en die bedanking van ses nie-uitvoerende direkteure. Masondo sê sy bedanking is in belang van die land en voortgesette bestendigheid by die OBK. Hy sê tydens sy termyn het die raad gesamentlik opgetree, te goeder trou, gebaseer op gesonde regsadvies en in ooreenstemming met die beginsels van goeie bestuur.
Openbare Beleggingskorporasie se raadsvoorsitter bedank te midde van bestuurskrisis